| | Koekies
is altyd daar as beloning, gelukwensing of troosprys. Die moderne lewe is egter
so gejaagd dat baie min van ons die kans kry om tuisgebakte koekies uit ons eie
oonde te geniet. Maar met behulp van die heerlike (en maklike) resepte van 50
van die Beste Koekieresepte sal die kroos regstaan vir nog n paar lemoenkoekies,
Rollo-koekies of karamelvierkante. Van die resepte soos geurige kaasbrosbrood,
suurlemoen-en-swartpeperkoekies of sjokoladetruffels kan aan die einde van enige
maaltyd geniet word. 
|