September 2009
Ilza Roggeband - 50 Stemme R200

Hoekom wou Kurt Darren sy hare blou kleur? Wat het Steve Hofmeyr in Gobabis vir Juanita du Plessis gesê? Waar was Theuns Jordaan toe hy die eerste keer “Loslappie” gehoor het? Wat is die ooreenkoms tussen “Ou ryperd” en ABBA? Hoekom moes Carike Keuzenkamp klere by haar buurvrou leen? Waar het Bles Bridges die eerste keer rose by sy konserte uitgedeel? Waar was David Kramer toe hy “Stoksielalleen” geskryf het? Hoekom is liedjies van Cora Marie en Groep Twee deur die SAUK verbied? Wat dink Koos Kombuis is sy grootste bydrae tot Afrikaanse musiek? Waar is die een plek waar Mimi Coertse nooit die kans gekry hetom op te tree nie? By wie het Rina Hugo klere geleen vir ’n internasionale sangkompetisie? Wat is die storie agter Amanda Strydom se “Ek loop die pad” en Chris Chameleon se “Sterredank”? Wat het ’n selfoon-luitoon met Nicholis Louw se treffer “Rock daailyfie” te doen?

Hierdie is maar net ’n paar van die interessante vrae wat in 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek beantwoord word. Die boek bestaan uit50 hoofstukke – van Amanda tot Valiant, van Die Briels tot Fokofpolisiekar.Daar is onderhoude met van die grootste rolspelers in Afrikaanse musiekasook kostelike staaltjies en pragfoto’s van toeka tot nou.

50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek is ’n boek enig in sy soort en een waarvoor musiekliefhebbers van alle ouderdomme al lank wag.

Reserve This Title Click Here
Name
Town
e mail
Remarks